hoe ek by bly: RSS

Ek hoop dat daar binnekort ‘n email na almal toe uitgaan wat by die Lentekonferensie was waarin julle die link vir die blog weer kry. Ek gooi ‘n eerste ding bietjie in, julle is natuurlik welkom om vrae te vra of gedagtes te deel, en dan kyk ons waarheen gaan hierdie blog.

Ek volg op hierdie stadium ‘n goeie 50-100 blogs, nie heeltemal seker oor die hoeveelheid nie. Dit klink heel onmoontlik aanvanklik, maar is glad nie so rof nie. Almal skryf nie elke dag nie vir ‘n begin. Die belangrikste is egter dat ek ‘n RSS reader gebruik. Hier is ‘n kort (4 minute) intro op RSS.

Belangrike punte om RSS te verstaan:

  1. Dis verniet!
  2. Dit spaar tyd deur artikels na jou toe te bring, en jy nie elke keer hoef te gaan kyk of daar iets nuuts is nie.
  3. Om ‘n RSS feed (dit wat die artikels na jou toe bring) moet jy by ‘n RSS reader opsign
  4. Jy kan ‘n online reader gebruik (dus gaan jy na ‘n website waar al jou blogs wat jy wil volg dan bymekaar is) of ‘n desktop reader (‘n program wat jy aflaai, en amper soos jou email program die blog posts op jou rekenaar aflaai. Vir ‘n online reader gebruik ek bloglines, en vir ‘n desktop reader omea. Ek beveel beide aan, maar dalk sal die desktop reader meer sinvol vir baie van julle wees.
  5. Jy kan ook blog posts as emails kry, kyk die link aan die regterkant van die bladsy, of click hier.

Sign gerus op vir die blogs waarna ons verwys in posts wat kom.

Advertisements

Sleutelwoordw:

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: