Archive for the ‘blog’ Category

links oor blogs

Oktober 20, 2008

Twee posts wat dalk jou gedagtes rondom Teologie en die Virtuele wêreld (weereens spesifiek rondom blogs, jy sal agterkom dat dit op hierdie stadium my gunsteling verskynsel op die internet is) kan challenge.

Tony Jones skryf oor hoekom hy blog (‘n post wat elke blogger iewers skryf, ek het dit onder andere hier en hier gedoen).

Steve Hays, ‘n Russies Ortodokse Suid Afrikaanse blogger, en een van die gewildste Suid Afrikaanse teoloë wat blog, skryf bietjie gedagtes oor kerk en blogs. Volg ook gerus die links van sy post af.

so, waaroor gaan blogging?

Oktober 19, 2008

Gaan lees gerus die artikel: Why I Blog deur Andrew Sullivan. Goeie oorsig oor die ontwikkeling van blogs, wat blogs anders maak as boeke en koerante, en wat die toekoms van blogs moontlik kan wees. Sal waarde toevoeg vir beide julle wat nog nooit ‘n blog gesien het nie, asook mense wat reeds aktief blog.

Dankie vir Tony Jones waar ek die link gekry het.

Blog action day

Oktober 17, 2008

Gister was blog action day, en 12836 mense het deelgeneem. Almal van hulle het oor armoede geblog! Hulle skat ongeveer 13,498,532 het hierdie posts d.m.v RSS gelees, en nou kan ek byvoeg dat ek meer mense het wat lees deur op die site te gaan as met RSS. Hier is links na van die posts wat ek op my RSS reader gekry het gister daaroor:

World Food Day 2008

Poverty Sucks

Blog Action Day 2008 Round-up [11]

Blood:Water, TED & Turok – Blog Action Day

Charity & Justice for Refugees (Blog Action Day)

Blog Action Day for Poverty: Oct 15

Poverty: How Does the Gospel of Jesus Christ Speak to the Issue?

The Choices We Face

My eie post vir blog action day was: blog action day: the reality of poverty

So, dit gee dalk ‘n prentjie van wat die potensiaal is wat besig is om te ontwikkel binne die Web 2.0 omgewing. Elkgeval, moet hardloop as ek nog betyds by TGIF wil wees…

hoe ek by bly: RSS

Oktober 14, 2008

Ek hoop dat daar binnekort ‘n email na almal toe uitgaan wat by die Lentekonferensie was waarin julle die link vir die blog weer kry. Ek gooi ‘n eerste ding bietjie in, julle is natuurlik welkom om vrae te vra of gedagtes te deel, en dan kyk ons waarheen gaan hierdie blog.

Ek volg op hierdie stadium ‘n goeie 50-100 blogs, nie heeltemal seker oor die hoeveelheid nie. Dit klink heel onmoontlik aanvanklik, maar is glad nie so rof nie. Almal skryf nie elke dag nie vir ‘n begin. Die belangrikste is egter dat ek ‘n RSS reader gebruik. Hier is ‘n kort (4 minute) intro op RSS.

Belangrike punte om RSS te verstaan:

  1. Dis verniet!
  2. Dit spaar tyd deur artikels na jou toe te bring, en jy nie elke keer hoef te gaan kyk of daar iets nuuts is nie.
  3. Om ‘n RSS feed (dit wat die artikels na jou toe bring) moet jy by ‘n RSS reader opsign
  4. Jy kan ‘n online reader gebruik (dus gaan jy na ‘n website waar al jou blogs wat jy wil volg dan bymekaar is) of ‘n desktop reader (‘n program wat jy aflaai, en amper soos jou email program die blog posts op jou rekenaar aflaai. Vir ‘n online reader gebruik ek bloglines, en vir ‘n desktop reader omea. Ek beveel beide aan, maar dalk sal die desktop reader meer sinvol vir baie van julle wees.
  5. Jy kan ook blog posts as emails kry, kyk die link aan die regterkant van die bladsy, of click hier.

Sign gerus op vir die blogs waarna ons verwys in posts wat kom.